Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Kaapstad sal voortgaan om onwettige graffiti en muurskilderye te bekamp

# Die Stad Kaapstad sê hulle sal voortgaan om onwettige graffiti en muurskilderye te verwyder en te bekamp. Sedert Mei verlede jaar is nagenoeg 11-duisend-519 vierkante meter graffiti skoongemaak. Hanover Park, Mitchells Plain en Atlantis het die meeste deurgeloop. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die Graffiti-eenheid het gereageer op klagtes oor onwettige graffiti, “tagging” en bendeslagspreuke regdeur die metro.