Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Kaapstad loof Rubicon vir werkskepping in groen-ekonomiebedryf

# Die Stad Kaapstad sê hy werk hard daaraan om die groen ekonomie te laat groei en seker te maak Kaapstad is gereed vir die toekoms. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, het onlangs Rubicon besoek wat een van die stad se energie-baanbrekers is. Dit is ʼn vertikaal geïntegreerde volhoubare tegnologiemaatskappy met 23 fasiliteite wat meer as 550 mense in diens het. Van Reenen sê Rubicon help tans om die visie van werkskepping in die groen ekonomie te bevorder.