Skip to content

Kaapstadse kunstenaars omskep Seepuntse promenade in ‘n opelugkunsgalery

# Kaapstad se kunstenaars het saamgespan om die gewilde Seepunt-promenade in ‘n opelugkunsuitstalling te omskep. Die inisiatief wat deur SJ Artists en die eiendomsontwikkelaar, Blok, begin is, het ten doel om openbare ruimtes met veelkleurige muurskilderye op te tooi. Van die kunstenaars is Mika Revell, Russell Abrahams en Amy-Leigh Braaf. Mense word aangemoedig om op die promenade te stap en op hulle tyd die muurskilderye te bekyk. Daar is ‘n plaatjie by elke werk wat inligting oor die kunstenaars en hulle werk verskaf.