# Die Stad Kaapstad is amptelik besig om gesprekke te voer met die Nasionale Departement van Toerisme om duidelikheid te kry oor die ontplooiing van sy toerisme-veiligheids-toesighouers in Kaapstad en ander reis-spilpunte regoor die land. Dit volg nadat die minister van Toerisme, Patricia de Lille, in Augustus aangekondig het 174,5- miljoen-rand is begroot om meer as twee-duisend 200 jongmense as toerisme-toesighouers in hierdie boekjaar op te lei en in diens te neem. Die departement sê egter nou die toesighouers gaan eers teen 15 Desember gereed wees, wanneer die besoekerseisoen reeds aan die gang is.
Kaapstad in gesprek met Departement van Toerisme oor vertragings in die ontplooiing van sy toerisme-veiligheids-toesighouers