Skip to content

Kaapstad bied laagste eiendomsbelasting in SA

# Die Stad Kaapstad spog met die laagste eiendomsbelasting vir kommersiële, nywerheids- en residensiële eiendomme onder al die Suid-Afrikaanse metro’s vir die 2024/25-boekjaar. Volgens die sent-in-die-rand-koers is Kaapstad se belasting laer as die volgende metro, Johannesburg, met 32-persent vir kommersiële, 36-persent vir nywerheids- en 28-persent vir residensiële eiendomme. Die burgemeester Geordin Hill-Lewis sê met laer belasting lok Kaapstad besighede met sy mededingende koerse, betroubare dienslewering, en infrastuktuur. Hy beklemtoon ook die stad se toewyding aan belegging, werkskepping en die skep van ‘n sake-vriendelike omgewing.