# Suid-Afrika is volgende jaar een van die bestemmings op die langverwagte Justin Bieber-wêreldtoer. Hy gaan op 28 September in Kaapstad en op een Oktober in Johannesburg as deel van die Justice World-toer optree. Bieber se toer begin in Mei vanjaar en duur tot Maart 2023, en strek oor vyf vastelande en meer as 20 lande. Die sanger sê hy werk daaraan om die beste vertoning te lewer en kan nie wag om dit met aanhangers oral in die wêreld te deel nie.