# ‘n Amerikaanse tiener is onskuldig bevind aan roekelose en opsetlike manslag in ‘n voorval waar twee mans verlede jaar in Wisconsin doodgeskiet, en nog een gewond is tydens betogings teen die polisie. Kyle Rittenhouse het aangevoer die skote was uit selfverdediging. In ‘n verhoor wat twee weke geduur het, het die jurie hom eenparig onskuldig bevind. Rittenhouse is aangekla van onder andere opsetlike manslag, roekelose manslag, poging tot opsetlike manslag en twee aanklagte van roekelose optrede wat veiligheid in gevaar gestel het.