# Die EFF-leier Julius Malema beplan om vandag restaurante in die Mall of Africa in Midrand, Gauteng, te besoek om die aanstellingskoers tussen buitelanders en Suid-Afrikaners te ondersoek. Die party sê Malema sal met die bestuur van restaurante vergader. Die party sê hy gaan restaurante se arbeidsbeleid en personeelsamestelling nagaan en seker maak mede-Afrikane word nie uitgebuit nie en dat genoeg plaaslike werkers aangestel word.