# ʼn Sonbril met blou-gekleurde ronde lense van John Lennon gaan na verwagting sowat 70-duisend-rand haal wanneer dit volgende week in Engeland opgeveil word. Die Beatles se mede-hoofsanger en ritme-kitaarspeler het die bril in 1968 aan ʼn man gegee wat die Abbey Road-ateljee besoek het. Die sonbril word opgeveil saam met 33 swart-en-wit-foto’s wat in 1968 en ’69 in Abbey Road geneem is. Dit sluit ʼn album-omslag van die Beatles in waar die groep ʼn voetoorgang oorsteek.
John Lennon se blou-gekleurde bril gaan opgeveil word