# Die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap sê hy verskaf noodsaaklike hulpbronne om die jeug te bemagtig, werksgeleenthede te skep en ekonomiese groei te bevorder. Die agentskap wat Johannesburg se infrastruktuur hanteer, het onlangs 29 skootrekenaars aan Soweto se Kamer vir Infrastruktuur en die Boubedryf geskenk. Die kamer verteenwoordig sowat 300 entrepreneurs en klein- en mediumondernemings. Die agentskap se uitvoerende hoof, Themba Mathibe, sê hulle is verbind tot maatskaplike opheffing en vaardigheidsontwikkeling in gemeenskappe.
Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap bemagtig jeug in Soweto