# Die Stad Johannesburg se voorgestelde begraafplaas- en krematoriumregulasies loop onder fel kritiek deur, veral oor die verassings-ure. Die tye word beperk van Maandag tot Vrydag van slegs 9 vm tot 2 nm. Die regulasies dek ook die heropening van grafte en opgrawings, die versorging van grafte en gedenkdienste. Die Hindoe-koördineringsraad sê die tye maak inbreuk op die Hindoe-gemeenskap se godsdienstradisies. Hy stel voor die ordonnansies moet gewysig word om Hindoe-verassings tot sononder of sesuur namiddae toe te laat en sê dit is in ooreenstemming met hul geloof en tradisies.
Johannesburg se begraafplaasregulasies word gekritiseer deur godsdiensgroepe