Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Johannesburg se aksieplan teen klimaatsverandering gaan meer as 400-duisend werksgeleenthede skep

# Die Johannesburgse burgemeester, Kabelo Gwamanda, voorspel belegging in die Johannesburgse aksieplan teen klimaatsverandering kan 340-duisend werksgeleenthede in versagting en 77-duisend in aanpassing skep. Gwamanda het in gesprek met die South African Dialogue on City Resilience die behoefte aan billike klimaatsbeleide beklemtoon. Hy sê die Stad beoog om uitstralings en kwesbaarheid te verminder, in ooreenstemming met globale teikens. Die plan poog om internasionale befondsing vir groen herstel ná die pandemie te lok. Hy beklemtoon die stad se verbintenis tot uitstralings-verminderings-teikens sluit in, 25-persent teen 2030, 75-persent teen 2040 en netto-nul teen 2050.