# President Joe Biden sê hy het dit duidelik aan die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky gestel dat Amerika vinnig en beslissend sal optree teen enige verdere aggressie van Rusland. Die Withuis sê die twee leiers het gister meer as ‘n uur oor die foon gepraat. Rusland ontken enige planne om die Oekraïne binne te val ten spyte van sowat 100-duisend soldate wat op die Oekraïnse grens saamgetrek is. Biden en Zelensky stem saam dit is noodsaaklik om ‘n diplomatieke en afskrik-roete te volg in reaksie op Rusland se militêre bedreiging.