Skip to content

Johannesburg se mansgesondheidskliniek sluit weens bevriesing van VSA-befondsing

# Die Engage mansgesondheidskliniek in Johannesburg sluit weens die bevriesing van Amerikaanse hulp. Die USAID en Pepfar-befondsde kliniek het MIV-behandeling vir die LGBTQI+ gemeenskap verskaf. Die personeel is in Januarie op onbetaalde verlof geplaas na president Donald Trump die befondsing opgeskort het. Meer as 70 werknemers staar nou werkloosheid in die gesig. Die projekbestuurder, Joseph Adams het aan Africa News gesê die sluiting raak menselewens en toegang tot gesondheidsorg. Engage gaan sy bates opveil om salarisse te betaal, terwyl kommer toeneem oor die beskikbaarheid van MIV-behandeling.