Skip to content

JMPD arresteer meer as 1 000 motoriste vir bestuur onder die invloed

# Die Johannesburgse Metropolisie het oor die feestyd een-duisend-113 motoriste aangekeer vir bestuur onder die invloed van alkohol, en 221 vir oormatige spoed. Die departement het streng maatreëls ingestel, wat padblokkades en verhoogde patrollering insluit, om padveiligheid te verseker. Hy sê die inhegtenisnemings onderstreep die pro-aktiewe pogings om gevaarlike bestuur aan bande te lê en wet en orde op die paaie te verseker. Angie Mokasi van die JMPD moedig alle motoriste aan om by verkeersregulasies te hou en veiligheid voorop te stel.