Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Jeppe Boys’ High help om plastiekafval in fondse vir rolstoele te omskep

# Die Jeppe High School for Boys in Johannesburg samel botteldoppies in om Tops and Tags for Wheelchairs, ‘n organisasie sonder winsbejag, te help. Hulle werk saam met Interwaste vir die omskepping van plastiekafval in fondse vir rolstoele. Leerders van die skool het verlede jaar 512 kilogram se botteldoppies ingesamel en vanjaar het hulle reeds 148 kilogram bymekaar gemaak. Hulle teiken is 750 kilogram. Die skool se leerlingraad sê die doel van die veldtog is om met die aankoop van rolstoele te help en terselfdertyd die afval by stortingsterreine te verminder.