# Die JB Marks-munisipaliteit in Noordwes sê die plaaslike owerheid is steeds op ‘n hoë gereedheidsgrondslag, ná kitsvloede in die gebied wat gelei het tot verskeie padsluitings, en strukturele skade aan minstens vyf huise. Die provinsie ondervind sedert verlede maand hewige reënstorms en 100 huise in die Mahikeng, Moses Kotane, Lekwa en Moretele plaaslike munisipaliteite is ook beskadig. ‘n Woordvoerder vir die munisipaliteit, Willie Maphosa, sê opruimings-operasies was suksesvol en alle paaie wat gesluit was, is nou heropen. Hy sê indien daar nog inwoners is wat in dié verband hulp benodig, moet hulle die ramp-nooddiens-span nader.