Skip to content

Japan kanselleer vlugte en skort sneltreinritte op voor tifoon Ampil

# Japan se spoorweë het ses sneltrein-roetes opgeskort en lugrederye het minstens 500 vlugte in Tokyo afgestel terwyl die tifoon Ampil kragtiger word in die westelike Stille Oseaan. Die storm gaan die land na verwagting vandag tref tydens die spits-somer-reisseisoen. Die tifoon het gister gepaardgegaan met wind van 140-kilometer per uur en daar word voorspel dit gaan nog sterker word terwyl dit op Japan afpeil. Weerkundiges waarsku oor geweldige wind, onstuimige see, swaar reën, oorstromings, modderstortings en riviere wat afkom in die noordelike en oostelike dele van die land.