# Die jaarlikse inflasiekoers was in Junie 5,1-persent, wat ‘n daling toon van die 5,2-persent in Mei. Statistieke SA sê die jaarlikse inflasiekoers vir voedsel en nie-alkoholiese drank het gedaal tot 4,6-persent in Junie – die laagste sedert September 2020. Slegte nuus vir koffie- en teeliefhebbers is dat die jaarlikse koers vir warm drankies geklim het van 14,2-persent in Mei tot 16,5-persent in Junie. Die jaarlikse koers vir brood en graankos het die eerste keer in 14 maande gestyg. Die inflasiekoers in die kategorie vir melk, eiers en kaas het die afgelope ses maande verstadig.
Jaarlikse inflasiekoers af na 5,1% in Junie van 5,2% in Mei