Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

IVP sê begrotingsrede moet op beheer van regeringsuitgawes fokus

# Die IVP waarsku die ANC om nie die land se finansies te gebruik op projekte om voor die verkiesing vir die party guns te wen nie. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer môre sy begrotingsrede. Die IVP sê hierdie begrotingsrede vind plaas op ʼn tyd waar die ekonomie die rand van ʼn afgrond nader. Hy sê die minister moet ʼn plan voorlê om regeringskuld onder beheer te kry, om in sektore te belê wat bestaande werksgeleenthede behou, wat fokus op die land se massa-infrastruktuurprogramme en meer fondse vir plaaslike regering beskikbaar stel.