Skip to content

IVP-leier doen beroep op Suid-Afrikaners om vir verkiesing te registreer [KLANK]

# Die IVP-president, Velenkosini Hlabisa, moedig Suid-Afrikaners aan om te registreer sodat hulle stemme in volgende jaar se verkiesing gehoor kan word. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê byna 23-duisend-296 stemlokale in alle munisipaliteite landwyd sal Saterdag en Sondag oop wees sodat mense kan registreer. Hlabisa sê dis verstommend dat meer as 13-miljoen Suid-Afrikaners, individue wat die mag het om die land se toekoms te beïnvloed, nie die eenvoudige maar veranderende stap gedoen het om as kieser te registreer nie: