Skip to content

Italië versoek om as G7-leier klimaatfinansiering aan Suid-Afrika te besorg

# Italië word as G7-leier versoek om te sorg dat lidlande hul beloftes oor klimaatsfinansiering aan Afrika nakom. Dit is die mening van die oud-president van Malawi, doktor Joyce Banda. Sy het verwys na sikloon Freddy wat verlede jaar tot die dood van meer as duisend mense gelei het, met meer as 650-duisend wat dakloos gelaat is. Twee miljoen boere het hul oeste verloor en meer as duisend-500 stuks vee het gevrek. Banda sê ‘n G7-ooreenkoms moet begin met die betaling van die beloofde geld sodat lande soos Malawi ná klimaatsrampe kan herstel.