Skip to content

Italiaanse owerhede lê beslag op R18-miljoen se vervalste olyfolie

# Amptenare in die suide van Italië het ‘n beweerde bedrogspul oopgevlek wat vervalste olyfolie verkoop, en beslag gelê op 42-ton van die ekstra-suiwersoort wat meer as 18-miljoen-rand werd is. Van die olie was reeds verpak en reg om verkoop te word. Die owerhede het beslag gelê op wat ‘n “olierige stof” genoem word in plastiektenks, sowel as 623-liter chlorofil, ‘n bestanddeel van ekstra-suiwerolyfolie wat by olie van mindere waarde gevoeg word. Die owerhede het ook op 174 bottels sjampanje beslag gelê, wat glo vals is.