# Die Israelse veiligheidskabinet vergader vandag om te stem oor ‘n voorgestelde wapenstilstand in sy oorlog met Hizbollah in Libanon. Amerika, die Europese Unie en die Verenigde Nasies dring aan op ‘n staking van die voortslepende vyandelikhede tussen Israel en Hizbollah, wat laat in September in ‘n volskaalse oorlog ontaard het. Hoewel samesprekings oor die wapenstilstand verskerp het, het oorgrens vyandelikhede tussen Israel en die Iran-gesteunde Hizbollah ook toegeneem. Die Israelse weermag het mense vandag gevra om te ontruim en kort daarna Hizbollah se vesting in die suide van Beiroet aangeval.
Israelse veiligheidskabinet vergader vandag oor voorgestelde wapenstilstand met Hizbollah in Libanon