Skip to content

Israel ontset vier gyselaars in Gaza

# Die Israelse weermag het vier gyselaars ontset in ‘n spesiale operasie in die Nuseirat-vlugtelingkamp in sentraal-Gaza. Die operasie het volgens die owerhede in Gaza tot die dood van 210 mense en meer as 400 beseerdes gelei. Die drie mans en ‘n vrou, wat tydens die Nova-musiekfees op 7 Oktober ontvoer is, is almal in ‘n goeie mediese toestand. ‘n Polisielid van die Israelse spesiale teen-terreureenheid is tydens gister se operasie dood.