# Die Iranees-gesinde Houthi-beweging wat die grootste deel van Noord-Jemen beheer, het ‘n vragskip van die Verenigde Arabiese Emirate gekaap. Die skip het glo “vyandig opgetree”, maar Saudi-Arabië sê dit vervoer hospitaaltoerusting. Volgens Reuters en Saudi-Arabië se staatsnuusdiens SPA, het ‘n woordvoerder gesê die skip was onderweg van Jemen se Rooisee-eiland Socotra, na die Saudi hawe van Jizan, noord van Jemen, toe dit gister net voor middernag aangeval is.