# ‘n Ipsos-studie toon 82-persent van Suid-Afrikaners glo demokrasie en menseregte is wêreldwye waardes. Die opname beklemtoon ook daar bestaan wel kommer, met 80-persent wat sê vandag se wêreld is gevaarliker. Mari Harris van Ipsos sê Suid-Afrikaners bly verbind tot menseregte, maar erken uitdagings soos misdaad, vals inligting en bedreigings in kuberveiligheid. Sy het beklemtoon hierdie bevindinge weerspieël die land se demokratiese reis en sy rol in die voorspraak vir wêreldwye menseregte.
Ipsos-studie toon Suid-Afrikaners handhaaf Menseregte te midde van wêreldwye uitdagings