# Die Stad Kaapstad doen ‘n beroep op inwoners om nie-noodsaaklike waterverbruik oor die naweek te verminder. Dit volg te midde van ‘n water-afsluiting wat beplan is vanaf môre tot Maandag. Die Stad staak tydelik sy produksie by die Faure-watersuiweringsaanleg om ‘n meganisme te installeer op sy grootmaathoofpyp. Inwoners van Kaapstad word versoek om te help om die druk op die watersuiweringsaanlegte te verminder en water spaarsamig te gebruik.