# Inwoners van die Spaanse eiland La Palma is gewaarsku om binnenshuis te bly nadat lawa uit die Cumbre Vieja-berg begin uitbars het en in die Atlantiese Oseaan beland het. Die vulkaan het sowat twee maande gelede begin uitbars en daar is reeds meer as twee-duisend geboue vernietig en bykans sewe-duisend mense moes hul huise ontruim. Sky News berig daar is hommeltuigmateriaal van die jongste uitbarstings waarop dik wolke van potensieel giftige gas gesien kan word wat uit die water blaas.