# Die inwoners van Jacobsdal in die Vrystaat vra hulp nadat hul huise en plakkershutte op Kersdag deur ‘n storm verwoes is en hulle gedwing is om ‘n ander heenkome te vind. Die hoof van Rampbestuur in die Vrystaat, Markes Butler, sê baie van die blyplekke in informele nedersettings wat geraak is, is weens gebrekkige dreinering oorstroom. Sommige huise se dakke het ook afgewaai of is deur die sterk winde beskadig.