# Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, die Omgewing en Toerisme in Limpopo het inwoners van die woonbuurte Bendor en Sterpark in Polokwane gewaarsku oor ‘n rondloper bobbejaan wat in dié woonbuurte opgemerk is. Inwoners word gewaarsku om nie die dier te nader, te voer of te probeer om hom te vang nie. ‘n Woordvoerder van die departement, Zaid Kalla, sê hulle poog om die situasie te bestuur. Inwoners is aangeraai om die betrokke owerhede te kontak indien hulle die dier opmerk.