# Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê intergeloofleiers het weer bevestig dat Kaapstad ʼn stad van verskeidenheid, insluiting en verdraagsaamheid is. Die stad het vroeër die week sy jaarlikse Intergeloof-dialoog by die burgersentrum aangebied. Hill-Lewis sê in die lig van ernstige konflik in die wêreld op plekke soos die Demokratiese Republiek die Kongo, Mali, Soedan, Oekraïne en veral in die Midde-Ooste, het intergeloofleiers weer die waarde beklemtoon van elke mens se lewe, ongeag geloof of agtergrond:
Intergeloofleiers bevestig Kaapstad is ‘n stad van verdraagsaamheid en verskeidenheid [KLANK]