# Die Instituut vir Rasseverhoudings sê die regering moet die noodtoestand afskaf en die Covid-19-bevelsraad ontbind. Suid-Afrika is vandag reeds 600 dae weens Covid-19 ingeperk. Gabriel Crouse van die Instituut sê die verlenging van die noodtoetstand is ongrondwetlik en waarskynlik bedrieglik verwoord. Hy voeg by die Instituut het nog geen antwoord van president Cyril Ramaphosa gekry nie, na aanleiding van die brief wat die instituut verlede week aan hom gestuur het. In dié brief word die staat van inperking bevraagteken:
Speel klankgreep: ENG CrouseOnLockdown