# Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê die gelokaliseerde toename in Covid-19-gevalle in Suid-Afrika is nie onverwags nie. Maar dit is egter moeilik om te sê of dit ‘n aanduiding van die begin van ‘n nuwe vlaag is. Die land het 312 nuwe Covid-19-gevalle die afgelope 24 uur aangemeld. Die meerderheid van die nuwe gevalle is in Gauteng met 77-persent, gevolg deur KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap wat elk vyf-persent aangeteken het. Daar was ‘n toename van 37 hospitaaltoelatings en nog tien Covid-19-sterfgevalle is aangemeld. Die land se herstelkoers is steeds meer as 96-persent.