Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Instituut van Direkteure in Suid-Afrika sê ondoeltreffende bestuur is groot probleem in munisipaliteite

# Die Instituut van Direkteure in Suid-Afrika sê ondoeltreffende bestuur is die rede waarom munisipaliteite misluk. Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, se Material Irregularities in Local Government-verslag het onthul munisipaliteite se verliese beloop byna 52-miljard. Dit word toegeskryf aan onreëlmatighede soos nienakoming van finansiële regulasies, en vermeende bedrog. Die instituut se uitvoerende hoof, Parmi Natesan, sê aanstellings op grond van politieke of ander onbehoorlike gronde is die basiese oorsaak van die probleme wat die staat op alle vlakke teister.