Skip to content

Instituut teken styging aan in voorkoms van Duitse masels

# Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het ‘n toename in die voorkoms van Duitse Masels regoor Suid-Afrika aangeteken, hoofsaaklik by kinders onder tien jaar en swanger vroue. Die simptome sluit in koors, uitslag, rooi oë en hoes. Volgens die instituut verhoog dit risiko’s vir swanger vroue, veral in die eerste trimester, aangesien blootstelling kan lei tot ernstige geboorte-afwykings. Die Departement van Gesondheid het intussen inenting teen die siekte vir kinders van ses en nege maande ingestel.