Skip to content

Instituut gereed om Internasionale Vaste-afvalvereniging se wêreldkongres aan te bied

# Die Instituut vir Afvalbestuur in Suidelike Afrika maak hom gereed om vandeesmaand die Internasionale Vaste-afvalvereniging se wêreldkongres van die 15de tot die 18de in Kaapstad aan te bied. Die kongres se tema is Vullis tot rykdom: Oplossings vir ʼn volhoubare toekoms. Een van die hoofsprekers by vanjaar se geleentheid is die wêreld-ambassadeur vir volhoubaarheid en omgewings-entoesias, Mary Ngechu. Die instituut sê onderwerpe wat bespreek sal word, sluit in stelsels vir stedelike afvalverwydering, die skep van energie uit vullis en die bestuur van operasies by stortingsterreine.