# Nederland het laasnag ‘n gedeeltelike inperking vir ‘n tydperk van drie weke ingestel terwyl die aantal Covid-19-gevalle skerp styg. Die regering sê hy wil die virus ‘n bloedneus gee. Oostenryk gaan die week ‘n inperking vir on-ingeënte mense begin in twee streke wat erg geraak is. Oningeënte mense in Bo-Oostenryk en Salzburg gaan slegs toegelaat word om hulle huise te verlaat om kos te koop of om na die dokter te gaan. Duitsland se siektebeheersentrum doen ‘n beroep op mense om groot byeenkomste te vermy terwyl die koronavirus besmettingskoers ‘n nuwe rekordhoogtepunt bereik.