Skip to content

Indië rou oor voormalige eerste minister Manmohan Singh

# Indië het sewe dae van rou afgekondig nadat die voormalige eerste minister Manmohan Singh in die ouderdom van 92 gesterf het. Die argitek van die land se ekonomiese bevryding is in Nieu-Delhi oorlede. Singh sal vereer word met ‘n staatsbegrafnis, met vlae wat landwyd halfstok hang. Eerste minister Narendra Modi het sy lof betuig en beskryf Singh as een van Indië se mees uitnemende leiers, wat die land se globale statuur hervorm het. Hy sê Singh sal onthou word vir ekonomiese hervormings en ‘n geskiedkundige kernooreenkoms met Amerika.