# Die Internasionale Monetêre Fonds sê in sy vooruitsig vir 2022 die grootste negatiewe faktore wat Afrika se ekonomieë vanjaar gaan beïnvloed, is die Covid-19-pandemie en die versnelde koers van klimaatsverandering. Die fonds sê dit onderstreep die behoefte aan verhooge globale samewerking en dialoog. Volgens die IMF gaan die ekonomie van Afrika suid van die Sahara in 2021 met gemiddeld 3,7-persent groei en in 2022 met 3,8-persent. Die Afrika-ekonomieë wat vanjaar na verwagting die meeste gaan uitbrei, is die Ivoorkus met ses-persent, Kenia met 5,6-persent, Rwanda met 5,1-persent en Suid-Afrika met vyf-persent.