# Ignis Fire Testing stel vandag sy uitgebreide laboratorium bekend en word daarmee Afrika se grootste brandtoetsfasiliteit in privaat besit. Die laboratorium in Blackheath, naby Kaapstad, is ‘n voorbeeld van Suid-Afrikaanse ingenieursuitnemendheid, met alle komponente wat plaaslik vervaardig word. Dirk Streicher van Ignis Fire Testing sê die fasiliteit van een-duisend-500 vierkante meter voldoen aan wêreldwye brandveiligheidstandaarde en bied gevorderde toetsdienste. Hy sê dié belegging gee plaaslike veiligheid ’n hupstoot en vestig Ignis as ’n sleutelspeler in die internasionale sakebedryf.
Ignis Fire Testing stel Afrika se grootste privaat brandtoetsfasiliteit bekend