# HySA Infrastructure se Sentrum van Uitnemendheid aan die Universiteit van Noordwes en die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad werk saam om Suid-Afrika en Afrika na ʼn groen ekonomie oor te skakel. Hulle bevorder ontwikkelings in waterelektrolise vir waterstofproduksie en -berging. Professor Dmitri Bessarabov van HySA Infrastructure sê van die uitdagings wat hulle teëkom, is dat waterstof duur is om te vervaardig en te gebruik, asook die gebrek aan regulasies. Bessarabov sê hulle wil Suid-Afrika ʼn leier in die wêreldmark vir groen waterstof maak.
HySA Infrastructure en WNNR bevorder ekonomie met waterstof-uitvindings