Skip to content

Human Rights Watch kritiseer Hongkong wat 45 pro-demokrasie-aktiviste vonnis

# Human Rights Watch het die vonnisoplegging van 45 pro-demokrasie-aktiviste in Hongkong gekritiseer. Hulle is ná die stad se grootste nasionale sekerheidsverhoor skuldig bevind aan sameswering tot ondermyning. ʼn Hof het die vonnisse Dinsdag opgelê. Dit wissel van vier tot tien jaar vir aktiviste, voormalige wetgewers, raadslede en akademici wat betrokke was by ʼn plan om opposisiekandidate vir plaaslike verkiesings te aan te wys. Human Rights Watch sê die vonnisse weerspieël hoe vinnig Hongkong se burgerlike vryhede en regsonafhanklikheid die afgelope vier jaar vernietig is.