# Huldeblyke stroom in na die dood van Amerika se voormalige presidentsvrou, Rosalynn Carter, vrou van oudpresident Jimmy Carter. Sy was 96 jaar oud. Haar familie het Vrydag bekend gemaak sy is in ʼn verpleeginrigting vir terminale pasiënte waar haar 99-jarige man reeds sedert Februarie versorg word. Sy is in Mei met demensie gediagnoseer. Oudpresident Carter sê in ʼn verklaring Rosalynn was sy gelyke vennoot in alles wat hy ooit bereik het. Oudpresident George W Bush en sy vrou Laura het Carter as ʼn sterk vrou met integriteit beskryf.
Huldeblyke stroom in na dood van voormalige Amerikaanse presidentsvrou Rosalynn Carter