Skip to content

Hooggeregshof in Wes-Kaap gaan oor vuurwerke op Oujaarsaand besluit

# Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap beslis vandag oor vuurwerkvertonings op Oujaarsaand. Die V&A Waterkant het aangekondig sy Oujaarsaand-vuurwerke van vyf minute sal voortgaan nadat hy suksesvol geappelleer het teen die Stad Kaapstad se besluit om die geraas-permit terug te trek. Die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging het kapsie gemaak oor die beplande vuurwerkvertoning nadat dit bekend geraak het die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ʼn aansoek in terme van die Wet op Plofstowwe goedgekeur.