# Hoofregter Raymond Zondo sê die Nasionale Vervolgingsgesag moet aanklagte teen oudpresident Jacob Zuma verder voer indien hulle van mening is daar is ʼn saak teen hom. Dit volg op die besluit in Augustus om die res van Zuma se tronkstraf van 15-maande weens minagting van die hof kwyt te skeld. Zondo het ook in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon dat die verhoor oor die wapentransaksie teen Zuma, wat na bewering omkoopgeld aanvaar het, nie gestaak moet word nie. Hy glo dis belangrik dat die howe oor Zuma se lot beslis.
Hoofregter Zondo sê kwytskelding is nie ‘n rede om Zuma se verhoor te stop nie