Skip to content

Hoof van Gift of the Givers in Gaza vermoor tydens konflik

# Die Suid-Afrikaanse hulporganisasie Gift of the Givers het die dood bevestig van sy hoof in Gaza, Ahmed Abbasi, tydens die voortslepende konflik tussen Hamas en Israel. Hy en sy broer is dood toe hulle teruggekeer het van die oggendgebed. Die organisasie sê Abbasi het die mense van die gebied die afgelope 10-jaar met waardigheid gedien en verskeie projekte van stapel gestuur, insluitend die versorging van weeskinders, weduwees, bejaardes en siek mense. Water is ook deur hul ontsoutingsaanlegte gelewer, kospakkies is uitgedeel, maaltye is verskaf en beskadigde huise is opgeknap.