# Die Hong Kong regering se raadgewende liggaam het die gebruik van die Sinovac Biotech Covid-19-entstof vir kinders van drie tot 17 jaar oud, goedgekeur. Die Sekretaris van Voedsel en Hong Kong se Gesondheidsbeampte, Sophia Chan, sê kinders tussen 12- en 17-jarige ouderdom sal voorkeur kry vir die toedien van die CoronaVac-entstof. Die regering van Hong Kong is besig met ‘n groter veldtog om 7,5-miljoen mense in die stad ingeënt te kry. Die stad het ook aangekondig dit het een-miljoen ekstra dosisse BioNTech-entstof aangekoop vir derde dosis inentings.