# Hokkie: Suid-Afrika se manshokkie-span het Namibië met 13-0 afgeransel in hulle wedstryd by die 2022 Afrika-nasiesbeker wat tans in Accra, Ghana gehou word. Suid-Afrika het oorheers in al vier kwarte van die wedstryd en het twee doele aangeteken in elk van die drie openingskwarte. Vier doele is aangeteken vanuit strafhoeke en die ander twee doele is in die verloop van die spel aangeteken. Die wenner van die Buitelug-Afrika-nasiesbeker sal die kontinent volgende jaar by die Wêreldbeker verteenwoordig, wat vanaf 13 tot 29 Januarie in Indië beplan word.