# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof gaan vandag My Vote Counts se saak oor die Wysigingswet op Verkiesingsaangeleenthede aanhoor. Toe die wet in Mei in werking getree het, het dit die vorige beperking op die 100-duisend openbaarmakingdrempel en 15-miljoen-rand jaarlikse skenkingsperk verwyder. Dit beteken dat politieke partye reuse bedrae geld van privaat skenkers mag ontvang sonder om dit te verklaar, totdat die president nuwe perke vasstel. My Vote Counts sê sonder vasgestelde finansiële drempels, bly daar steeds ‘n risiko van ongereguleerde befondsing wat nie openbaar gemaak word nie.
Hof gaan My Vote Counts se uitdaging van politieke party-befondsing aanhoor